Mashatile besoek Matjhabeng om te help skoonmaak
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 1, 2025
- 1 min read
Adjunkpresident Paul Mashatile sal die Clean Cities and Towns- veldtog in die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit naby Welkom in die Vrystaat lei.
Volgens Central News mik hierdie nasionale inisiatief om skoner, groener een meer inklusiewe omgewings te skep, en om gemeenskapsamehorigheid en dienslewering te bevorder.
Mashatile, die Vrystaatse premier, Maqueen Letsoha-Mathae, die uitvoerende burgemeester van Matjhabeng, Thanduxolo Khalipha, en ander amptenare sal na verwagting vandag onder andere die Thabong Watersuiweringsaanleg besoek, en deelneem aan skoonmaak-aktiwiteite soos die vul van slaggate, verf van paaie en vullisverwydering.







Comments