top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Mashatile dring aan op bewaring van erfenisterreine

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 25, 2024
1 min read

Die waarnemende president, Paul Mashatile, het ‘n beroep op die samelewing se samewerking en die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap gedoen om erfenishulpbronne en -terreine te bewaar. Mashatile het gister sy toespraak by die Nasionale Erfenisdag-herdenking in Ficksburg in die Vrystaat gehou. Hy sê die land se erfenis moet beskerm word teen verwaarlosing en bedreigings soos natuurrampe en verstedeliking. Mashatile sê hierdie terreine dien as ‘n grondslag om die jeug oor Suid-Afrika se geskiedenis op te voed.

 
 
 

Comments


bottom of page