Mashatile lewer slotopmerkings by die Nasionale Landelike Ontwikkelingsindaba in Bfn
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 8
- 1 min read
Die adjunkpresident Paul Mashatile sal Saterdag die slotopmerkings lewer by die Nasionale Landelike Ontwikkelingsindaba wat in Bloemfontein Vrystaat plaasvind.
Die tweedaagse Indaba het belangrike belanghebbendes bymekaargebring om dialoog oor landelike ontwikkeling en grondhervorming te bevorder. Die Indaba fokus op beleid, belegging en gemeenskapsaksie vir volhoubare landelike ekonomieë en infrastruktuurontwikkeling regoor Suid-Afrika.
Die waarnemende hoof van Kommunikasie, Itumeleng Mafatshe, sê die adjunkpresident se deelname is in lyn met sy rol as die voorsitter van die Interministeriële Komitee oor Grondhervorming.








Comments