Mashatile sê die regering is bobaas met beleide maak
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 21, 2025
- 1 min read
Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering het die kuns van beleidmaking bemeester, maar die beleide kom nie tot lewe waar dit nodig is nie.
Volgens Newzroom Africa het Mashatile planne uiteengesit om die werkloosheidskrisis in die land aan te pak.
Dit volg op die toename van die werkloosheidsyfer tot 33,2%.
Mashatile sê die Menslike Hulpbronontwikkelingsraad moet vinnig wees met die implementering van sy agenda om jongmense op te lei om op die globale uitdagings te reageer.






Comments