Mashatile sê Suid-Afrika se ekonomie sal nie deur wittes beheer word nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 12
- 1 min read
Adjunkpresident Paul Mashatile sê breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging is nie 'n mislukte beleid nie, en as daarvan afstand gedoen sou word, sal dit die terugkeer van apartheid beteken.
Hy het Donderdag by 'n sitting van die Nasionale Raad van Provinsies gesê hy het 40 jaar van sy lewe bestee om teen apartheid te veg en sal nie toelaat dat dit in enige vorm terugkeer nie.
Netwerk24 berig Mashatile sê dit sal nooit gebeur dat die ekonomie "in die hande van die wittes" gelaat word nie.
Die VF Plus-LP, Tamarin Breedt, het Mashatile in die sitting gewaarsku teen die gebruik van sulke “populistiese stellings”.
Mashatile sê hulle diskrimineer nie, hulle bemagtig.





Comments