top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Massaskietery eis die lewe van 3-jarige seuntjie

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 14, 2024
1 min read

Sewe mense, insluitend ʼn driejarige seuntjie, is vroeg Sondag in ʼn skietery by die Mokokotlong informele nedersetting in Orange Farm in Gauteng oorlede. Luidens berigte het die skietery gevolg ná ‘n woordewisseling by ‘n plaaslike taverne toe ‘n man met die eienaar gestry het omdat die fasiliteit gesluit was. Die eienaar van die taverne het na bewering die man huis toe gevolg, waar ‘n gesin besig was met lobola-onderhandelinge. Hy het toe op vyf familielede, ‘n buurman en ‘n vriend losgebrand. Vier mense het die skietery oorleef.

 
 
 

Comments


bottom of page