top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Mathabatha sê plaasbewoners kan nie sonder hofbevele uitgesit word nie

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago
1 min read

Die adjunkminister van grondhervorming en landelike ontwikkeling, Stanley Mathabatha, waarsku teen onwettige uitsettings van plaasbewoners.


Dit volg na 'n samespreking met inwoners in Franschhoek in die Wes-Kaap.


Hy sê niemand mag uit hul woning gesit word sonder 'n hofbevel nie, en dat die beëindiging van diens nie outomaties 'n uitsetting regverdig nie.


Mathabatha voeg by die departement erken grondeienaars se regte, maar beklemtoon dat alle uitsettings volgens wettige en billike prosesse moet geskied, waar die regte van alle partye gerespekteer word.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page