top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Maties-bestuur is bekommerd oor Afrikaans as onderrigtaal

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jun 10
  • 1 min read

Die Universiteit Stellenbosch (US) se uitvoerende konvokasiebestuur is bekommerd dat die universiteit se konsep-taalbeleid vir 2026 Afrikaans en isiXhosa se praktiese rol as akademiese onderrigtale verder kan afwater.


Maroela Media berig die konvokasiebestuur sê in kommentaar op die konsepbeleid dat hy die beginsel van meertaligheid steun, mits dit tot werklike gelykheid lei. Hy waarsku egter dat Engels in die huidige formulering toenemend as die enigste gewaarborgde verstektaal behandel word, terwyl Afrikaans en isiXhosa afhanklik gemaak word van voorwaardes soos “redelike uitvoerbaarheid”.


Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder volgens die konvokasie was Afrikaans tot onlangs ten volle uitvoerbaar by die US.


LUISTER HIER:


Ilde Roos

TRANSKRIPSIE:


Die afskaling van Afrikaans wek ook kommer oor die toekoms van isiXhosa as akademiese taal aan die universiteit. Die konvokasie meen die konsepbeleid erken wel dat taal nou met identiteit en waardes verbind is, maar waarsku dat enige amptelike taal wat slegs as ’n ondersteunende of aanvullende taal gebruik word, die sprekers daarvan in ’n tweederangse posisie plaas.


Die president van die US se uitvoerende konvokasiebestuur, Theo de Jager, sê die outomatiese terugval na Engels vir administratiewe, digitale en eksterne kommunikasieprosesse versnel die tendens van institusionele eentaligheid. Die Universiteit behoort nuwe tegnologiese stelsels en platforms slegs aan te koop of te ontwikkel indien dit meertalige funksionaliteit kan ondersteun en gelykheid bevorder.


Die Universiteit Stellenbosch. FOTO: Maroela Media
Die Universiteit Stellenbosch. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page