top of page

Matrieks is by die halfpadmerk

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 7, 2025
  • 1 min read

Die matriekklas van 2025 is by die halfpadmerk van die eindeksamen.


Volgens die Departement van Basiese Onderwys verloop alles seepglad in alle provinsies.


Maroela Media berig meer as 920 000 leerders lê tans die eksamen by sowat 6 800 eksamensentrums landwyd af.


Die departement sê daar is ʼn paar geïsoleerde voorvalle aangemeld, dit is egter vinnig en effektief opgelos.


Hulle neem ook kennis van die debat oor die moeilikheidsgraad van die twee wiskundevraestelle.


Die departement wil ouers en leerders verseker dat die eksamenvraestelle noukeurig - in ooreenstemming met die kurrikulumstandaarde opgestel is, om ʼn volledige reeks kognitiewe vermoëns te assesseer.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page