top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Matriekuitslae sal nie sonder toestemming gepubliseer word nie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 20, 2024
  • 1 min read

Soos die jaar se matriekeksamens amper tot ‘n einde kom, het die Inligtingsreguleerder die Departement van Basiese Onderwys versoek om in die nabye toekoms 'n stelsel te implementeer wat sal toelaat dat toestemmig gegee word om matriekuitslae bekend te maak. SABC News berig die reguleerder het die departement opdrag gegee om nie die uitslae van vanjaar se matrikulante, sonder toestemming van ouers, in koerante te publiseer nie. Dit nadat hulle 'n assessering gedoen het om te bepaal of die publikasie van matriekuitslae in ooreenstemming is met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting. Die inligtingreguleerder se voorsitter, Pansy Tlakula, sê hulle kry geen wet wat hulle verplig om die uitslae te publiseer nie.

 
 
 

Comments


bottom of page