Maverick gaan vir ‘n derde keer ‘n draai kom maak
- Saamgestel deur Jana Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Top Gun 3 het amptelik die groen lig gekry – en Tom Cruise is terug as die waaghalsige hartebreker-vlieënier Pete “Maverick” Mitchell.
AFP berig die aankondiging oor ʼn derde aflewering van die supergewilde flieks is by CinemaCon gedoen. Dit is ʼn week lange beraad waar Hollywood-ateljees hul grootste beplande uitreikings aan teatereienaars en die media bekend stel.
Maroela Media berig verder Josh Greenstein, medehoof van Paramount, het gesê Top Gun 3 word amptelik ontwikkel, en met ʼn draaiboek wat goed op dreef is. Cruise sal weer saam met vervaardiger Jerry Bruckheimer aan die rolprent werk.








Comments