top of page

Mbalula verdedig swart ekonomiese bemagtiging

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 10
  • 1 min read

Volgens die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, is die meeste welgestelde mense in Suid-Afrika wit, met die uitsondering van die mynmagnaat, Patrice Motsepe.


Hy sê die land se transformerende wette, soos breëbasis swart ekonomiese bemagtiging, bly nodig om ongelykheid tussen swart en wit mense in Suid-Afrika aan te spreek.


Mbalula voeg by die ANC neem kennis van die VSA se ongemak met Suid-Afrika se transformasiewette, terwyl hy beklemtoon dat hulle steeds nodig is om die weegskaal te balanseer.


Fikile Mbalula. FOTO: Facebook
Fikile Mbalula. FOTO: Facebook


 
 
 

Comments


bottom of page