Mchunu-skorsing word verwelkom – en gekritiseer
- Armando Pieters
- Jul 14
- 1 min read
Die besluit van president Cyril Ramaphosa om die minister van polisie, Senzo Mchunu, te skors is wyd verwelkom – maar ook gekritiseer.
Maroela Media berig Ramaphosa het Sondagaand bekend gemaak dat Mchunu met onmiddellike effek op spesiale verlof geplaas word en ʼn regterlike ondersoekkommissie op die been gebring sal word.
Mchunu het die besluit verwelkom en sy volle steun aan die ondersoek toegesê.
Die leier van die DA, John Steenhuisen, het die ondersoekkommissie verwelkom, maar hy meen Suid-Afrikaners is skepties oor sulke kommissies “wat bloot tyd koop om aanspreeklikheid te vermy”.
ActionSA se LP, Dereleen James, meen hulle sien geen logika daarin om nog ʼn kommissie aan te stel wat nou die werk sal doen van ander entiteite soos die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat nie.
Comments