top of page

Mchunu sê hy het nie bande met ‘n dwelmkartel nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 22
  • 1 min read

Die tydelik geskorste minister van polisie, Senzo Mchunu, het bewerings dat hy bande met ‘n dwelmkartel in die land het ontken.


Hy het vir sy laaste dag van getuienis voor die parlement se ad hoc-komitee verskyn wat polisiekorrupsie ondersoek.


Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, het tydens ‘n perskonferensie beweer dat Mchunu bande met ‘n dwelmkartel gehad het.


Hy beweer ook dat Mchunu die politieke moorde-taakspan in Desember ontbind het om polities gekonnekteerde individue wat by die dwelmkartel betrokke is, te beskerm.


Hierdie bewerings word ook deur Mchunu ontken.


Senzo Mchunu. FOTO: IOL
Senzo Mchunu. FOTO: IOL

Comments


bottom of page