Mchunu verdien steeds sy volle salaris ná 'n jaar se skorsing
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 4 days ago
- 1 min read
'n Jaar nadat president Cyril Ramaphosa hom op spesiale verlof geplaas het, verdien die geskorste minister van polisie, Senzo Mchunu, steeds sy volle ministersalaris.
eNCA berig Mchunu het die afgelope jaar sowat R2,69 miljoen verdien, ondanks die feit dat hy geen ministeriële pligte verrig het nie.
Ramaphosa het hom in Julie verlede jaar op spesiale verlof geplaas nadat bewerings gemaak is dat hy by strafregtelike ondersoeke ingegryp en korrupte sindikate bevoordeel het.
Feroz Cachalia dien intussen as minister van polisie.
Die presidensie sê Ramaphosa sal eers 'n besluit oor Mchunu se toekoms neem nadat die Madlanga-kommissie sy werk afgehandel het.








Comments