top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘McKenzie het nie antwoorde gegee oor sy Fifa-reis nie’

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Aug 5
  • 1 min read

Die DA beskuldig die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, daarvan dat hy nie aan die parlement rekenskap gegee het oor sy Fifa-Wêreldbeker-reis nie.


McKenzie en sy departement het sowat R31 miljoen bestee aan die reis na die onlangse sokkertoernooi, wat deur die Verenigde State, Mexiko en Kanada aangebied is.


Die DA beweer dat McKenzie Dinsdag ’n parlementêre komiteevergadering verlaat het toe besprekings oor die Wêreldbeker-besteding begin het en nie teruggekeer het nie.


Die party sê dat hulle parlementêre prosesse sal gebruik om die minister se teenwoordigheid voor die parlement te verseker en antwoorde oor die uitgawes te kry.


Gayton McKenzie. FOTO: Daily Maverick
Gayton McKenzie. FOTO: Daily Maverick

 
 
 

Comments


bottom of page