McKenzie se die president gaan nêrens heen nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Gayton McKenzie sê president Cyril Ramaphosa gaan nêrens heen nie. Dit ondanks oproepe vir sy vervolging oor die Phala Phala-saak.
Die oproepe volg op die deklassifikasie van ’n verslag oor duisende dollars wat glo in 2020 by die president se wildsplaas gesteel is.
Die verslag dui daarop dat ’n senior beskermingsbeampte die voorval probeer toesmeer het.
Die Patriotic Alliance sê egter die verslag impliseer nie die president nie, en voeg by dat hulle nie enige poging tot vervolging sal steun nie en meen die saak word polities uitgebuit.








Comments