top of page

McKenzie se seun koop Supersport United

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 7, 2025
  • 1 min read

Die verkoop van Supersport United se Premier Sokkerliga vir R50 miljoen aan Calvin Le John, seun van die minister van sport, Gayton McKenzie, het wenkbroue regoor die land laat lig. Alhoewel die transaksie volgens IOL nog op finale goedkeuring van die PSL se uitvoerende komitee wag, lyk McKenzie vol vertroue dat dit geen probleem sal wees nie. Volgens McKenzie is dit nie ‘n front dat Le John, sedert hy in die politiek is, die familiebesigheid bestuur en die eienaar van die nuwe klub is nie. Hy sê ook sy seun het groot planne vir die klub wat sokker in Bloemfontein sal laat herleef en het glo ook R400 miljoen belê om ‘n sokkerstad in Bloemfontein te bou.

 
 
 

Comments


bottom of page