McKenzie sê sportfederasies moet self geld insamel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 4
- 1 min read
Sportfederasies moet ophou om na die regering te hardloop vir finansiering, terwyl hulle nie self pogings aanwend om geld in te samel nie. Dit is volgens die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie.
Hy sê sogenaamde lui federasiebase en opportunistiese politici misbruik elke geleentheid om die ministerie daarvan te beskuldig dat hy weier om hulle te finansier.
Netwerk24 berig McKenzie het Maandag gesê sy departement verskaf finansiële ondersteuning aan meer as 60 nasionale federasies.
Die vraag na finansiering is groot, maar die toegekende bedrae is beperk en word deur die parlement goedgekeur. Hy sê dié ondersteuning moet hoofsaaklik ’n finansieringsgrondslag voorsien vir basiese administratiewe koste.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder McKenzie sê dit is nie die regering se rol om federasies kommersieel lewensvatbaar te maak of volhoubaar te hou nie.
LUISTER HIER:
TRANSKRIPSIE:
McKenzie sê die narratief dat die staat verplig is om elke atleet in elke sport vir elke geleentheid direk te finansier, is oordrewe en geheel en al onprakties. Hy sê om jou land in ’n sport te verteenwoordig is ’n groot eer en voorreg, en federasies moet voortgaan om dit vir soveel toekomstige sterre as moontlik te laat realiseer. Hy sê egter dit is nie 'n reg nie, en om dit as ’n reg te beskou sal onverantwoordelik en onrealisties wees.








Comments