McKenzie verskyn eersdaags oor sy Wêreldbeker-besteding
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 3
- 1 min read
Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, en sy departement sal Dinsdag voor die parlement verskyn om rekenskap te gee oor die 151-lede-afvaardiging na die 2026 Fifa Wêreldbekertoernooi en die geraamde R31 miljoen wat bestee is.
Die DA sê vorige antwoorde oor die uitgawes was nie deursigtig genoeg nie en eis besonderhede oor elke afgevaardigde se kwalifikasies, rol, aktiwiteite en vergaderings. Die party wil ook ’n uiteensetting van borgskappe en die opbrengs op die belegging hê.
Die DA-LP, Leah Potgieter, sê elke rand sal ondersoek word.
LUISTER HIER:
Leah Potgieter








Comments