Mededingingskommissie stel voorwaardes vir Canal+
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 22, 2025
- 1 min read
Die oorneming van MultiChoice deur Canal+ het ’n mylpaal bereik, maar met voorwaardes. Volgens Reuters het die Mededingingskommissie gister voorwaardelike goedkeuring vir die transaksie aanbeveel. Canal+ besit reeds meer as 45% van MultiChoice en bied R125 per aandeel vir die res. Die oorneming is sowat R35 miljard werd. Die Kommissie sê daar is geen groot mededingingsrisiko’s nie, maar stel voorwaardes om openbare belang te beskerm. Dit sluit in geen afleggings vir drie jaar nie en plaaslike aandeelhouding vir werkers en benadeelde groepe. Reuters berig Canal+ moet ook R26 miljard oor drie jaar aan openbare belang-inisiatiewe bestee. Die saak is nou voor die Mededingingstribunaal.







Comments