Mediclinic Bloemfontein help om sig en lewensgehalte te herstel

Gedurende Oktober het die Mediclinic Bloemfontein Dagkliniek gratis katarakoperasies aan pasiënte verskaf om hul sig te herstel. Hierdie ooggesondheidsinisiatief is die breinkind van ’n toegewyde span oogartse, narkotiseurs en verpleegpersoneel wat die openbare waglyste wil verlig.
Voglens Mediclinic het oogspesialiste soos Dr. Arno Jansen van Rensburg van Medi Eye, asook Dr. Dawie Botes, Dr. Gerhard Kamffer en Dr. Shannon Callaway van die Bloemfontein Oog- en Laserkliniek, hul kundigheid ingespan om die lewensgehalte, waardigheid en onafhanklikheid van hierdie pasiënte terug te gee.
Wêreldwyd is meer as 80% van blindheid voorkombaar of behandelbaar.
In Suid-Afrika verloor te veel mense egter hul sig weens katarakte, gloukoom of diabetiese retinopatie as gevolg van armoede en ’n gebrek aan vroeë toegang tot sorg.
Die mediese span moedig mense aan om hul oë op te pas.









Comments