top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Mediese nalatigheidseise plaas druk op die gesondheidstelsel

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Apr 15
  • 1 min read

’n Toename in mediese nalatigheidseise teen die staat plaas Suid-Afrika se openbare gesondheidsorgstelsel onder toenemende druk en bedreig die volhoubaarheid daarvan.


Volgens Nuusflits wys navorsing dat al hoe meer geld aan hofgedinge en skadevergoeding bestee word, wat minder vir dienslewering oorlaat.


Nagenoeg R2 miljard is reeds in die 2020/21-boekjaar uitbetaal, terwyl moontlike eise meer as R120 miljard kan beloop.


Kenners sê die styging word aangevuur deur groter bewusheid van pasiënte oor hul regte, sowel as korrupsie en swak bestuur.


Daar word nou voorgestel dat die staat eerder mediese kostes oor tyd betaal, in plaas van groot enkelbedrae, en dat perke op sekere eise ingestel word.


Volgens navorsers skep die huidige stelsel ’n bose kringloop, waar geld wat vir gesondheidsorg bedoel is, toenemend vir regskoste gebruik word.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page