top of page

Mediesefondsbelastingkrediete bly waarskynlik van krag

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 23
  • 1 min read

Suid-Afrikaners wat op mediese fondse staatmaak, kan moontlik verligting in die komende nasionale begroting verwag.


Belastingkundiges voorspel dat mediesefondsbelastingkrediete waarskynlik van krag sal bly en min of meer in lyn met inflasie aangepas kan word.


Volgens PricewaterhouseCoopers se Begrotingsvoorspellings 2026-verslag is daar tans min aanduidings dat die regering beplan om die krediete in die nabye toekoms te skrap.


Dit kom te midde van voortgesette debat oor hoe die Nasionale Gesondheidsversekering befonds sal word.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page