Meer as 1 200 poste is by die Venetia-myn in gedrang
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 15
- 1 min read
Meer as 1 200 werksgeleenthede by die Venetia-diamantmyn in Limpopo is in gedrang nadat De Beers aangekondig het dat produksie vir twee jaar gestaak gaan word.
eNCA berig die Nasionale Unie van Mynwerkers (NUM) vra nou dringende ingryping deur die departemente van Minerale en Petroleumhulpbronne asook Indiensneming en Arbeid.
Die vakbond sê hy sal die besluit teenstaan en waarsku dat dit die bestaan van permanente werknemers by die Venetia-myn en De Beers Sightholder Sales South Africa bedreig.
Die Venetia-myn is Suid-Afrika se grootste diamantmyn en lewer sowat 40% van die land se diamantproduksie.








Comments