top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Meer as 100 000 mense besoek die Bloemskou

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 6, 2025
1 min read

Ten spyte van ‘n een dag korter skou het 106 706 mense vanjaar se Bloemskou besoek. Dit is sowat 6000 meer as die vorige keer in 2019 toe daar ook oor 9 dae geskou is. Bloemskou se Hoof Uitvoerende Beampte, Elmarie Prinsloo, sê in ‘n mediaverklaring Bloemskou het homself weereens bewys as een van die gewildste en grootste skoue in Suid Afrika, wat ‘n groot finansiële en ekonomiese inspuiting vir die Bloemfontein en die streek beteken. Vanjaar se landbouprogram was propvol, en het ingesluit 22 kampioenskappe en 5 759 diere van perde, beeste, skape tot bokke. Die afdeling en Bloemskou was ook bevoorreg om vanjaar ’n besoek van die Minister van landbou, John Steenhuisen, te ontvang. Bloemskou 2026 word volgende jaar vanaf 23 April tot 2 Mei aangebied.

 
 
 

Comments


bottom of page