Meer as 100 klagtes is teen die Valke se Direktoraat vir Prioriteitsmisdaad ingedien
- Saamgestel deur Jana Roos

- 2 days ago
- 1 min read
Die kantoor van die Regterklagte-eenheid vir die Valke sê dat hulle meer as eenhonderd klagtes van lede van die publiek teen die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaad ontvang het - tussen April 2024 en Maart 2025.
Die kantoor van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek is verantwoordelik vir die ondersoek van klagtes van en teen lede van die Valke. Die direktoraat se regter Francis Legodi sê die meeste van die klagtes wissel van ondersoeke wat te lank sloer, vertragings in die finalisering van die sake, en die versuim van Valke-amptenare om terugvoer aan slagoffers van misdaad te gee.
Hy sê die Wes-Kaap, Gauteng en KwaZulu-Natal het na vore gekom as die drie provinsies wat ‘n hoë aantal klagtes van lede van die publiek teen die Valke aangeteken het.








Comments