top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Meer as 1800 voertuie was op die N3 vasgekeer

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 23, 2024
1 min read

Alle motoriste wat sedert Vrydagaand in die sneeu langs die N3 vasgekeer was, is volgens die KwaZulu-Natalse (KZN)-regering gered. SABC news berig gure weerstoestande, insluitend swart ys en mis, het tot die sluiting van die N3 gelei en meer as ‘n duisend-agt-honderd voertuie het op een of ander tydstip vasgesit.  Hoewel dele van die N3 intussen weer vir verkeer oopgestel is, veroorsaak verlate voertuie en vragmotors langs Van Reenen’s Pas tussen KZN en die Vrystaat na bewering  vertragings. Die Padverkeersinspektoraat het 'n beroep op motoriste gedoen om van die paaie af te bly totdat die weerstoestansde verbeter, aangesien ysige toestande bestuur kan beïnvloed. Vragmotorbestuurders word ook aangeraai om hulle reis uit te stel aangesien stopplekke vir vragmotors in KZN vol is.

 
 
 

Comments


bottom of page