Meer as 28 SAners word daagliks met ongelisensieerde vuurwapens doodgeskiet
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 24
- 1 min read
Meer as 28 mense in Suid-Afrika word daagliks met ongelisensieerde vuurwapens doodgeskiet. Statistieke toon dat onwettige vuurwapens in 99% van alle vuurwapenverwante moorde in Suid-Afrika gebruik word.
Nova News berig die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, het dié syfers in antwoord op parlementêre vrae van die VF Plus bekend gemaak.
Die data wys ook op 'n kommerwekkende tendens waar polisievuurwapens wat verdwyn het, in moorde gebruik is.
Die VF Plus-LP en nasionale voorsitter, Wouter Wessels, sê die statistieke lewer onweerlegbare bewys in die debat oor die ontwapening van burgers. Hy het die regering versoek om pogings om wetsgehoorsame burgers te ontwapen, te laat vaar en eerder daarop te fokus om die honderde duisende onwettige vuurwapens wat in omloop is – insluitend dié wat uit die polisie se besit verdwyn het – terug te kry.








Comments