Meer as 3 000 paroolgangers is weer in hegtenis geneem
- Armando Pieters

- May 16
- 1 min read
Meer as 3 000 paroolgangers is weer die afgelope jaar vir oortredings in hegtenis geneem. So sê die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald. Eyewitness News berig die oortreders se parool is intussen teruggetrek, maar Groenewald het ernstige kommer oor die neiding uitgespreek. Intussen berig Newskoop is dit nie korrek om te glo dat privaatgevangenisse beter as regeringsinstellings is nie. Groenewald het die voorbeeld van Thabo Bester se ontsnapping uit die privaat-bestuurde Mangaung-gevangenis gebruik om sy punt te beklemtoon. Die minister het aan die Nasionale Raad van Provinsies gesê dat hy nog nie besluit het of hy die kontrakte van die privaat maatskappye wat gevangenisse bestuur, gaan hernu of nie.





Comments