Meer as 30 by Bloemfonteinse stortingsterrein in hegtenis geneem

Mar 9, 2025
1 min read
’n Gesamentlike operasie deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens en verskeie rolspelers het tot die inhegtenisneming van 35 verdagtes by die Suidelike Vullisterrein in Bloemfontein gelei. Die operasie, wat daarop gemik was om kriminele aktiwiteite in die gebied aan te spreek, het tot die konfiskering van ammunisie, dwelms en alkohol gelei. Volgens polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle, is 31 van die verdagtes wat in hegtenis geneem is, ontwettige immigrante wat by die stortingsterrein woon. Earle voeg in 'n mediaverklaring by daar word ondersoek of enige van die verdagtes met ander kriminele aktiwiteite verbind kan word. Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Bloemfontein- en Batho-howe verskyn.








Comments