Meer as 400 polisievoertuie staan ongebruik in die Vrystaat
- Armando Pieters

- Apr 8
- 1 min read
Soveel as 449 polisievoertuie wat veronderstel is om aangewend te word om die Vrystaat te beveilig, word tans nie gebruik nie. Dié syfer is in ʼn antwoord van die Vrystaatse LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, Jabu Mbalula, op ʼn vraag van die VF Plus in die wetgewer bevestig. Die VF Plus se Armand Cloete sê in ‘n plasing op sosiale media, die voertuie is glo weens herstelwerk en inspeksies buitewerking. Intussen is georganiseerde landbou in die provinsie dit eens dat net meer as 100 voertuie nodig is om die landelike veiligheidstrategie in die Vrystraat effektief te implementeer. Volgens die LUR is daar nie by een polisiekantoor in die provinsie ʼn voertuig wat vir die uitsluitlike doel van landelike veiligheid toegewys is nie.





Comments