top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Meer as 97% van DNA-profiele word nie betyds afgehandel nie

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16
1 min read

Meer as 97% van DNA-profiele word nie binne die voorgeskrewe 30 dae afgehandel nie.


Volgens Eyewitness News is die syfers vir die 2025/26-boekjaar aan die Parlement voorgelê.


Voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee oor polisie, Ian Cameron, sê meer as 230 000 profiele is laat afgehandel. Byna 166 000 DNA-verwysingsmonsters wag ook nog op administratiewe verwerking by die polisie se hoofkantoor.


Cameron voeg by dié monsters help speurders om verdagtes te identifiseer, verskillende misdade aan mekaar te koppel en onskuldige mense uit te sluit.


Hy waarsku dat vertragings ondersoeke kan strem, terwyl slagoffers langer op geregtigheid moet wag en oortreders ongeïdentifiseerd kan bly.


Ian Cameron. FOTO: Facebook
Ian Cameron. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page