Meer as ‘n 1000 spaza-winkels, supermarkte en pakhuise is gesluit
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 29, 2024
- 1 min read
Sedert President Cyril Ramaphosa twee weke gelede 'n reeks maatreëls aangekondig het om verdere insidente van voedselgedraagde siektes te voorkom, is meer as ‘n 1000 spaza-winkels, supermarkte en pakhuise gesluit. Volgens SA News het die President gister sy jaarlikse toespraak aan die Nasionale Raad van Provinsies in die Parlement gelewer en gesê dat byna 200 000 spaza-winkels besoek is. Daar is ook groot hoeveelhede goedere gekonfiskeer en talle boetes is vir oortredings van verordeninge uitgereik. Die President het die kritieke rol erken wat spaza-winkels en informele handelaars in die ekonomie speel. Hy het egter gesê die onlangse vlaag van voedselgedraagde siektes het verskeie risiko's wat met hierdie ondernemings verband hou, uitgelig.







Comments