Meer as 'n duisend verdagtes is vas tydens Operasie Shanela
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 23
- 1 min read
Die polisie het 1 115 verdagtes in hegtenis geneem tydens die jongste Operasie Shanela in die Vrystaat, wat geweldsmisdaad, dwelms, onwettige vuurwapens en gesoekte verdagtes geteiken het.
Arrestasies is gemaak in verband met moord, poging tot moord, aanranding, en vir dwelmverwante oortredings. Die polisie het ook meer as 300 gesoekte verdagtes en 138 ongedokumenteerde buitelandse burgers in hegtenis geneem.
Talle motoriste is in hegtenis geneem vir dronkbestuur, terwyl drie onwettige vuurwapens in beslag geneem is.
Die polisie sê die operasie sal voortgaan om misdadigers regoor die provinsie te teiken.








Comments