top of page

Meer as R1-miljard deur regspraktisyns uit trusts gesteel

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 30, 2025
  • 1 min read

Minstens R1,4-miljard is deur regspraktisyns van Suid-Afrikaanse trusts gesteel. Dit volgens die Legal Practitioners Fidelity Fund wat onlangs ‘n vennootskap met die Spesiale Ondersoekeenheid aangegaan het om gesteelde fondse te probeer verhaal. Volgens die fonds is die diefstal te wyte aan skuiwergate en swak institusionele samewerking. Hulle voeg by meer as 500 van die gevalle, waarby prokureurs betrokke was, bly onvervolg. Slegs 59 skuldigbevindings is die afgelope sewe jaar verkry, en 25 is tot tronkstraf gevonnis.

 
 
 

Comments


bottom of page