Meer as R312 miljard aan swak programme vermors
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 22
- 1 min read
Die Nasionale Tesourie sê die regering kan in die toekoms belastingverhogings vermy as besteding aan swak programme gesny word. SABC News berig dat meer as R312 miljard sedert 2013 vermors is aan programme wat nie goed presteer het nie. Regeringsbesteding sal teen 2026 nagenoeg R2,6 triljoen bereik, met bykans die helfte wat na maatskaplike dienste gaan. Adjunkminister David Masondo sê staatsdepartemente moet self sorg dat geld nie vermors word nie. Intussen het die Tesourie sy groeivoorspelling vir vanjaar verlaag van 1,9% na 1,4%. Minister Enoch Godongwana sê swak ekonomiese toestande, logistieke probleme en hoë skuldkoste dra by tot die laer groei. Hy sê ’n triljoen rand se infrastruktuurbelegging oor drie jaar moet help om groei aan te wakker.





Comments