Meer as R5 miljoen aan geskorste polisielede betaal
- Armando Pieters

- Jun 26
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het sedert Julie 2022 meer as vyf miljoen rand aan die salarisse van geskorste polisiebeamptes bestee.
Die 11 beamptes sluit ‘n luitenant-generaal in.
Die minister van polisie, Senzo Mchunu, het in ‘n skriftelike parlementêre reaksie bevestig die 11 beamptes is betaald geskors.
Die woordvoerder van Build One South Africa, Roger Solomons, sê die dissiplinêre sake van hierdie polisiebeamptes moet vinnig afgehandel word.





Comments