Meer as seweduisend hierdie feestyd op paaie in hegtenis
- Armando Pieters

- Jan 4
- 1 min read
Die Padverkeersbestuurskorporasie het 7 500 mense oor die feestyd in hegtenis geneem. Die misdrywe sluit dronkbestuur, die oorskry van spoedgrense en poging tot omkopery in. Die korporasie het die hoogste alkoholasemvlak op die R61 in die Oos-Kaap aangeteken. Verder is die hoogste spoed van 209 kilometer per uur op die N1 in Limpopo aangeteken. Verder berig SABC-nuus die Padverkeersbestuurskorporasie sê verder tot op hede was verkeersvolumes onder beheer, te midde van vakansiegangers wat na die feestyd terugkeer huis toe. Daar was reg deur die vakansietyd padsterfes hoofsaaklik weens dronkbestuur. Botsings reg van voor is veral weens uitputting, terwyl ‘n groot aantal voetgangers na middernag omgery word.





Comments