Meer gemeenskapsaptekers word opgelei om mense te help om op te hou rook
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 28
- 1 min read
Met Wêreld Geen Tabakdag wat Saterdag, 31 Mei gevier word, sê die Onafhanklike Gemeenskapsaptekersvereniging meer ondersteuning is beskikbaar vir Suid-Afrikaners wat wil ophou rook of nikotien gebruik.
Die organisasie sê al meer gemeenskapsaptekers word opgelei om mense te help om op te hou rook deur berading en leiding oor nikotienvervangingsterapie aan te bied.
Die vereniging sê die ondersteuning is gemik op rokers, damprokers en mense wat ander nikotienprodukte gebruik.
Die fokus val veral op jongmense.








Comments