Meer mense kwalifiseer nou vir gratis regshulp
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Regshulp Suid-Afrika het die kriteria vir gratis regsdienste uitgebrei om meer mense by te staan.
Die organisasie sê die inkomstelimiet is verhoog tot R9 400 per maand vir beide kriminele en siviele sake.
Dit beteken meer Suid-Afrikaners wat finansieel onder druk is, kan nou toegang kry tot regsverteenwoordiging.
Die limiete op bates is ook aangepas om meer huishoudings te akkommodeer, terwyl kinders steeds outomaties vir hulp in kriminele sake kwalifiseer.
Regshulp SA sê die veranderinge, wat reeds in werking is, is daarop gemik om te verseker dat niemand regshulp geweier word bloot omdat hulle dit nie kan bekostig nie.








Comments