top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Meer skuilings vir mans word benodig

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Dec 8, 2025
  • 1 min read

Die nie-regeringsorganisasie, Helping Hands, sê Suid-Afrika moet meer skuilings bou vir mans wat geslagsgebaseerde geweld in die gesig staar.


Volgens die organisasie is daar slegs twee sulke skuilings in die hele land en hulle is in Limpopo en die Wes-Kaap.


Hepling Hands voeg by baie mans het weens mishandeling van ander mans en van vroue hulp nodig.


Die organisasie sê verder maatskaplike werkers weet nie hoe om hierdie mans te help wanneer hulle hul nader en ‘n plek nodig het om te bly nie.


Ter illustrasie. FOTO: BBC
Ter illustrasie. FOTO: BBC

 
 
 

Comments


bottom of page