top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Meeste munisipaliteite dop hul oudittoetse

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 29, 2025
  • 1 min read

Die Ouditeur-Generaal, Tsakani Maluleke sê net 41 van die 257 munisipaliteite het ’n skoon oudit behaal. SowetanLIVE berig sy het gister in die parlement verduidelik die meeste munisipaliteite se finansiële state en diensleweringsverslae is nie betroubaar of deursigtig nie. Volgens Maluleke spandeer munisipaliteite groot bedrae op konsultante, maar steeds is daar foute in hul finansiële state. In die 2023/24-boekjaar het byna 220 munisipaliteite saam byna R1,47 miljard aan konsultante bestee, maar 130 het steeds foute waar konsultante gewerk het. Maluleke sê die gebrek aan gevolge vir swak bestuur vertraag die vordering in dienslewering en finansiële prestasie.

 
 
 

Comments


bottom of page