Wetenskaplikes wil die uitgestorwe bloubok laat herleef
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 2
- 1 min read
Die uitgestorwe Suid-Afrikaanse bloubok kan moontlik weer gevestig word.
Volgens Maroela Media werk die Amerikaanse maatskappy Colossal Biosciences reeds aan ’n projek om die dier met behulp van gevorderde gene-tegnologie te herleef.
Die bloubok het in die 1800's uitgesterf en word beskou as die eerste groot Afrika-soogdier wat weens menslike aktiwiteit uitgewis is.
Die maatskappy sê DNS van die dier is reeds bekom, en dat verwante spesies gebruik kan word om die proses te ondersteun.
Wetenskaplikes hoop dat suksesvolle geboortes van die bloubok binne die volgende paar jaar moontlik kan wees.
Die projek vorm deel van breër pogings om uitgestorwe spesies soos die dodo en wolharige mamoet terug te bring.








Comments