Trump is nie tevrede met Iran se jongste vredesvoorstel nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 2
- 1 min read
Die president van die Verenigde State van Amerika, Donald Trump, sê hy is nie tevrede met Iran se jongste voorstel vir gesprekke om die konflik in die Midde-Ooste op te los nie.
Volgens Trump stel Iran eise waarmee hy nie kan instem nie.
Hy sê egter dat onderhandelinge telefonies aan die gang is.
’n Wapenstilstand het gevegte sedert verlede maand onderbreek, maar die lande bly in meningsverskil oor kernambisies en beheer oor die Straat van Hormoes.
Intussen beplan die Amerikaanse Departement van Verdediging om 5 000 troepe uit Duitsland te onttrek ná ’n dispuut oor die oorlog.








Comments