top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Meeste waterstelsels 'op rand van ineenstorting'

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 15, 2025
1 min read

Die waterstelsels van die meeste munisipaliteite regoor die land is op die rand van ‘n totale ineenstorting. Dit is volgens die bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Waterkamer, Benoit Le Roy, wat sê dit volg te midde van grootskaalse probleme met watervoorsiening in groot dele van onder meer Johannesburg weens verskeie uitdagings. SABC-nuus berig dit sluit in deurlopende instandhoudingswerk aan hoofsaaklik verouderde infrastruktuur. Le Roy sê die regering moet dringend met die private sektor hande vat om oplossings te vind vir sy uitdagings met wateronderbrekings. Le Roy het ook sy kommer uitgespreek oor geringe probleme wat in groot uitdagings ontwikkel waarvoor Suid-Afrika nie die vermoë het om op te los nie.

 
 
 

Comments


bottom of page