Meesterplan sal glo werksgeleenthede in hernubare energie skep
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 21
- 1 min read
Die ministerie van Elektrisiteit en Energie sê die Suid-Afrikaanse Meesterplan vir Hernubare Energie sal ‘n sleutelrol speel in industriële groei en vaardigheidsontwikkeling. Adjunkminister Samantha Graham-Maré sê die plan fokus op plaaslike vervaardiging, batterybergingstegnologie en transformasie binne die sektor. Teen 2030 beoog die departement om 25-duisend mense in die sektor in diens te neem, met ‘n spesiale fokus op jongmense en vroue. Die Meesterplan is onlangs by die Afrika Groen Waterstofberaad en Afrika Energieforum in Kaapstad bekendgestel. Volgens Graham-Maré is dit ‘n dinamiese plan wat voortdurend aangepas sal word om aan die behoeftes van die sektor te voldoen. LUISTER:





Comments