top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Memorandum met 8 000 handtekeninge teen die Bela is in

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 12, 2024
1 min read

ʼn Memorandum met 8 000 handtekeninge is aan pres. Cyril Ramaphosa se kantoor oorhandig. Verskeie drukgroepe het hul eise gestel oor die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela). Netwerk24 berig dat sowat 10 verteenwoordigers die memorandum op 11 Desember 2024 aan ’n amptenaar van die presidensie, Charles Ford, oorhandig het. Die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) se geskilbeslegtingsmeganisme bespreek Bela op 12 Desember 204 met die doel om ’n ooreenkoms te bereik. Die omstredenheid draai om die toepassing van klousules vier en vyf. Die president se sperdatum om daarop te reageer is op Vrydag, 13 Desember 2024.

 
 
 

Comments


bottom of page