top of page

Mense moet waaksaam wees by OTM’e

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 19
  • 1 min read

Capitec versoek mense om waaksaam te wees by OTM’e. Dit aangesien misdadigers hulle as behulpsame vreemdelinge voordoen om mense se aandag af te lei.


Volgens die bank poog hierdie individue om mense se kaarte en PIN-nommers te steel.


Capitec raai kliënte aan om die sleutelbord te bedek wanneer hulle hul PIN invoer, hulp van vreemdelinge te weier - en voorspelbare PIN’s, soos geboortedatums, te vermy.


Hulle voeg by telefoongebaseerde swendelary bly ‘n groot bron van kommer, terwyl nabootsingslenters waarby die polisie glo betrokke is, al hoe meer algemeen word.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

Comments


bottom of page