Mense spring in om ‘n Vrystater en sy hond te help
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 31
- 1 min read
Mense in het ingespring en gehelp nadat 'n Vrystater se hond deur ‘n motor getref is.
Volgens Good Things Guy het die man by verskeie skuilings om hulp gevra maar niemand kon help behalwe die Virginia DBV.
Sonder huiwering het die man 15km met Option in sy arms na hulle toe gestap.
Die DBV kon Option nie sonder dringende veeartsenykundige sorg help nie, en dis toe dat hulle die gemeenskap aanlyn om hulp gevra het.
Binne ure na die pleidooi het emmers vol hoop ingestroom.
Option sal nou nie net die behandeling kry wat hy nodig het nie, sy veeartsrekening en opvolg besoeke is ook ten volle gedek.
Wanneer Option huis toe gaan, sal hy gesteriliseer en ingeënt word, verder sal hy ook ‘n mikroskyfie kry.






Comments